Ons Missie

Wêreld Alopecia-dag is meer as net ’n bewusmakingsdag. Dit is ’n geleentheid om begrip te skep, aanvaarding te bevorder en elke persoon wat met alopecia leef te herinner dat hulle nie alleen is nie.By Kaalkopkjint glo ons dat elke gesprek, elke blou lint en elke foto help om mites af te breek en selfvertroue te bou. Saam kan ons ’n Suid-Afrika skep waar verskille gevier word en elke kind aanvaar word – presies soos hulle is.

Hoe Kan jy deelneem?

Dit verg nie baie om ’n verskil te maak nie.
So maklik soos 1-2-3-4:

Galery

Elke foto vertel ’n storie van moed, aanvaarding en gemeenskap. Blaai deur die herinneringe van vorige Wêreld Alopecia-dae en sien hoe kinders in Laerskool Rustenburg saamgestaan het om bewusmaking te skep.

Bewusmakings-
Hulpbronne

Laai ons gratis briewe, plakkate en ander hulpmiddels af om Wêreld Alopecia-dag by jou skool, besigheid of gemeenskap te ondersteun.

Laai hierdie plakkaat af en daag iemand op sosiale media uit om deel te neem

Laai hierdie plakkaat af en voeg jou logo by of kontak ons om dit vir jou te doen

Amptelike
Ondersteuners

Ons is trots om saam met skole, besighede en organisasies bewusmaking oor alopecia te bevorder. Baie dankie aan elke ondersteuner wat deel is van hierdie veldtog.