Wêreld Alopecia-dag is meer as net ’n bewusmakingsdag. Dit is ’n geleentheid om begrip te skep, aanvaarding te bevorder en elke persoon wat met alopecia leef te herinner dat hulle nie alleen is nie.By Kaalkopkjint glo ons dat elke gesprek, elke blou lint en elke foto help om mites af te breek en selfvertroue te bou. Saam kan ons ’n Suid-Afrika skep waar verskille gevier word en elke kind aanvaar word – presies soos hulle is.
Ons is trots om saam met skole, besighede en organisasies bewusmaking oor alopecia te bevorder. Baie dankie aan elke ondersteuner wat deel is van hierdie veldtog.
Ons is oorweldig met die hoeveelheid ondersteuning wat van oral af ingekom het vir Alopecia-dag.
Hierdie is net van die foto's en nie alles nie.
So baie dankie aan almal wat deel was!
Indien hier 'n foto op is wat ons liefs moet verwyder, skakel ons gerus.